Ek verleen as ouer/voog toestemming dat my kind aan die volgende sportaktiwiteite mag deelneem:
Ek vrywaar BCVO, Sportraad, die Skool of Organiseerders, stadion en munisipaliteit se verteenwoordigers van enige skade of gebeurtenis wat mag ontstaan as gevolg van my kind(ers) se deelname.
Ek aanvaar dat alle redelike voorsorg getref sal word vir die veiligheid en welstand van my kind/ers en ek aanvaar verantwoordelikheid vir die betaling van mediese rekeninge en/of hospitaalrekeninge, indien van toepassing, in geval van siekte of besering.
Ek dra my magte as ouer/voog oor aan die Organiseerders of hulle gemagtigde verteenwoordiger indien mediese behandeling vir die kind nodig mag wees.